Thursday, 04 June 2009

Was Yahweh aan die patriarge bekend?


Ek lees die berig op Beeld se webwerf van Cas van Rensburg getitel Evolusie van God 'n opdraande pad , 29 Mei 2009.

Wat my veral opval is die uitlatings aangaande Abraham, Isak en Jakob wat skynbaar nie vir God geken het soos Moses Hom geken het nie en volgens Prof. Esterhuyse waarskynlik nie eers dieselfde God aanbid het nie. Hierdie liberale stroom beweer dat God soos Hy aan die patriarge bekend was, was maar een van 'n groot aantal gode wat ontstaan vanuit die vroeë godsdienstige beskouings in Mesopotamië. El Shaddai word dus deur hulle beskou as 'n berg god, soos vele ander. Hierdie beskouings het egter geen substans nie, soos ons later sal leer. Daar word ook vir ons voorgehou dat Moses monoteisme "ontwerp" het en aan die volk bekend gestel het, selfs hierdie uitlatings sal bewys word as foutief.

Natuulik ontstel sulke berigte met hierdie tipe uitlatings mens wesenlik en wou ek so vinnig moontlik 'n antwoord op die berig formuleer, maar soos dit bestem was want ons weet alles is bestem deur 'n Opperhand, lees ek dievolgende skrywe van John J. Davis THE PATRIARCHS' KNOWLEDGE OF JEHOVAH. 'n Beter antwoord op hierdie liberale beskouings is moeilik om te vind, ek hoop die lees hiervan kan vir ander ook so leersaam en verligtend op die onderwerp wees soos wat dit vir my was.

Aan God wat Homself aan ons openbaar vanuit sy Woord al die eer, ons dien 'n ewige God.

1 comment:

  1. Esterhuyse is 'n ketter. Net nog iemand wat `n boek wil skryf oor sy opinie of hoe hy die teks sien en wat dit vir hom beteken. Verder is ek geskok dat Beeld sulke goed kan publiseer of sulke joernaliste kan ondersteun.(dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie) Ek sal vir hulle bid!

    Nadat ek die teks verstaan het, het alle dinge in plek geval en is in lyn met hoe God Sy wil en Naam Heilig instand hou. Dit wys ook daarop dat Moses presies geweet het dat hy Die Enigste God gevolg het. Dieselfede Een wat Abraham ook `n verbond mee gesluit het en nie `n new age een soos ek vermoed Esterhuyse en Cor volg.

    Dankie Fourie.

    ReplyDelete